Hy Wen, Sy Wen (Sagteband)

deur: Willard F Harley Jr

R129.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Is dit moontlik om elke konfliksituasie in jou huwelik te gebruik om nader aan mekaar te groei en mekaar liewer te hê?

 

In Hy wen, sy wen is die doelwit dat huweliks­maats se liefde vir mekaar elke dag sal groei. Die model wat hier voorgestel word, is een waar albei huweliksmaats wen. Willard F. Harley moedig almal aan om nooit iets te doen sonder die entoesiastiese in­stemming van albei huweliksmaats nie. Dit klink dalk onmoontlik, maar Harley verdui­delik die kuns van onderhandeling binne die huwelik en verduidelik hoe huweliksmaats mekaar kan help wen deur mekaar se perspektiewe te verstaan.

 

Die boek lê veral klem op die vyf hoofbronne van konflik tussen huweliksmaats: vriende en familie, werk en tydsbestuur, finansies, kinders en seks.

 

Hy wen, sy wen sal paartjies help om huweliks­konflik op die regte manier te hanteer.