Hou Vas Aan Die Hoop (Sagteband)

deur: Jimi Le Roux

R249.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Stap in 366 dae ʼn pad deur Psalms en ervaar hoe jy nader aan God kan groei.

 

Psalms is nie net die langste boek in die Bybel nie, maar ook een van die gewildste boeke. Miskien omdat ons vandag ook ons eie emosies en vrae daarin kan raaklees. Vrae soos: Waarom gebeur dit? Waar is God? Wat moet ek doen?  

Jimi le Roux neem ons in Hou vas aan die hoop in 366 dae op ’n reis deur Psalms. Hy wys hoe ons saam met die psalmskrywers deur ons eie vrese en aanslae, ons eie onsekerhede en twyfel kan werk, maar ook telkens weer ons eie geloof en vertroue terugvind en weer kan jubel en juig! Deur die loop van die jaar wys hy die waarheid dat hierdie lewe sy óp en áf inhou, maar dat die lewe die beste geleef kan word in ’n verhouding met God. Met behulp van teksverse, kort en kragtige oordenkings help Jimi ons om dáárdie verhouding op baie praktiese maniere te ondersoek, te beskryf en te beoefen. Die dagstukke word pragtig afgerond deur volkleur-ontwerpe deur Amylee Weeks.

Word elke dag stil oor een van die psalms en groei vir ’n jaar dieper in ’n verhouding met God in – dag vir dag!

 

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Hold on to Hope.

 

Oor die outeur en ontwerper

Jimi le Roux is ’n geordende leraar en geregistreerde lewensbegeleier. Hy leef homself tans uit in sy voltydse internetbediening, waarin hy geestelike leiding gee deur oordenkings, kursusse en coaching-programme. Andersins is Jimi betrokke by prediking en skryf­werk, terwyl hy ook ’n weeklikse radio-insetsel behartig. Jimi het ’n MA in Bybelkunde en ’n Honneurs in Sielkunde en is ook ’n do­sent aan ’n geakkrediteerde semina­rium. Hy woon saam met sy gesin in die Strand.  www.jimileroux.com

 

Amylee Weeks is van Iowa, VSA, afkomstig en lief vir die Here, haar gesin en om kuns te skep. Nadat sy ’n graad in besigheid gekry het, het sy op die roepstem van haar hart reageer en ingeskryf by The Art Institute of Pittsburgh.