Hoe Om Die Bybel Reg Te Lees (Sagteband)

deur: Stephan Joubert & Ander

R119.96

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Hoe lees jy die Bybel sodat dit ’n vuur in jou aansteek om vir God te leef?

Hoe vryer die Bybel beskikbaar raak, hoe minder word dit gehoor, gelees, geleef,” sê Stephan Joubert. Maar hoe­kom? Omdat mense steeds nie weet hoe om die Bybel reg te lees nie.

Stephan Joubert span in Hoe om die Bybel reg te lees kragte saam met ervare kundiges Roedolf Botha, Tom Smith, Jan Venter, Leonard Maré en Franco-Pierre Visser, en help jou om die Skrif vars en nuut te ontdek.

Hulle kyk nugter en in detail na byvoorbeeld:

·       Wat presies beteken dit om die Bybel “in konteks” te lees?

·       Hoe gaan jy te werk om ’n spesifieke gedeelte reg te interpreteer?

·       Hoe weet jy wat in die Bybel op jou van toepas­sing is?

·       Kan jy die Bybel “gebruik” om te oordeel oor etiese kwessies?

Die Bybel is die lewende God se teks wat Hy oor­skryf op die harte van mense. Hoe om die Bybel reg te lees sal jou help om God se boodskap beter te verstaan, en ’n nuwe vuur vir die Woord in jou hart laat brand.

Oor die outeurs

Stephan Joubert is ’n Andrew Murray-pryswenner en buitengewone profes­sor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat en Noordwes-universiteit, ’n navorsingsgenoot in Teologie aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, en redakteur van ’n groot e-kerk op die internet.

Roedolf Botha was leraar in twee NG gemeentes waarna hy twee onafhanklike gemeentes geplant het.

Tom Smith is die medestigter van die organisasie Rhythm of Life (www.rhythmoflife.co.za) wat gemeentes en organisasies help om dissipelskap te bevorder.

Jan Venter was meer as twintig jaar betrokke in jeugbediening as jeugleraar, gebiedshoof van die VCSV en studenteleraar.

Leonard Maré is buitengewone professor in Ou Testament aan die Noordwes-universiteit en hoof van die Departement Ou Testament aan die Aucklandpark Teologiese Seminarium.

Franco-Pierre Visser is ’n kliniese sielkundige van beroep en ook lektor in dié veld. Hy is nasionaal en internasionaal bekend vir sy spesialisasie in psigo-geregtelike aangeleenthede. Hy was onder andere betrokke by die evaluering van die “Sondag-ver­kragter”.