Hemelse Hofsaal (Sagteband)

deur: Elza Meyer

R99.96

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Jesus het jou vrygespreek; daarom kan die Bybelse beloftes vir jou in vervulling gaan.

Christene het die versekering dat ons in God se genade en liefde vrygespreek is. Tog worstel te veel mense nog sonder hoop deur die lewe.

Hemelse hofsaal van Elza Meyer is vir almal wat nog nie God se genade hulle eie gemaak het nie, almal wat nie ’n lewende verhouding met Jesus het nie, wat nog swaar dra aan geheime en dink God wag net om hulle te oordeel.

In hierdie praktiese boek fokus Elza Meyer op die feit dat ons bloot God se verlossing vir ons moet aanvaar. God sal ons nie verwerp nie en sy genade hou nooit op nie. Dit is tyd om te word wat jy reeds is – ’n verloste in Jesus. Dit is moontlik om sonder vrees te lewe omdat Jesus jou lewe kan en wil verander.

Elke hoofstuk bevat praktiese toepassingsvrae wat lesers sal help om nader aan God te groei en die waar­heid van verloswees dieper sal laat neer­slag vind.

Hemelse hofsaal sal jou laat besef: Jesus het jou vrygespreek en daarom kan die beloftes in die Skrif ook vir jou in vervulling gaan.

Oor die outeur

Elza Meyer is die stigter van Turn2God Bedieninge. Sedert 2011 dien sy ook as hoof uitvoerende beampte van die organisasie. Sy het al verskeie publikasies die lig laat sien en bedien ook op radio en TV. Sy is veral bekend vir die Ester Konferensies, wat landswyd belangstelling uitlok. Haar gesin is aktief betrokke in die bediening. Elza is getroud met Thys. Hulle het drie volwasse kinders: Ellenore is getroud met Jaco, Pieter is getroud met Darelize en Susan is getroud met Werner. Hulle het 8 kleinkinders.