God Was Daar (Sagteband)

deur: Benescke Janse Van Rensburg

R149.96

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

’n Mens vra so maklik: “Waar is God?” Veral wan­neer jy seer het, of bang of paniekerig voel ... En dikwels besef mense eers agterná: “Maar God was regtig dáár!”

 

God was dáár ... is saamgestel deur bekende TV- en radio-persoonlikheid Benescke Janse van Rensburg. In hierdie inspirerende boek sal lesers hoendervleis kry wanneer hulle die meer as 80 verhale lees. Bekendes én ander mense in Suid-Afrika vertel van daardie aangrypende oom­blikke wat hulle lewens verander het. 

 

God was dáár ...  vertel die geloofsverhale van be­kende Suid-Afrikaners uit TV-, sang- en sport­kringe insluitend Michael Mol, Andries Enslin, Juanita du Plessis, Sorina Erasmus, Retah McPherson, Retief Burger, Jannie du Plessis en Allister Coetzee.

 

God was dáár ... sal elke leser laat besef dat God juis daar is wanneer hulle Hom die nodigste het.