40 gebede wat jou sal bemoedig om vas te staan in die geloof met jou oë gerig op Jesus.
Die meeste mense sukkel om daagliks tyd saam met God in gebed deur te bring. Bekende skrywer en evangelis Angus Buchan wil hê mense moet bewus bly daarvan dat stiltetyd saam met God een van die sleutels bly tot ’n dieper verhouding met die Skepper.
Gesprekke met God bevat 40 gebede, elk met spesiaal-uitgesoekte teksverse en ’n kerngedagte deur Angus. Van die temas sluit in: vertrou op God, keer terug na jou eerste liefde, berou, die belangrikheid van gebed en die noodsaaklikheid van familietyd.
In Gesprekke met God sal lesers bemoediging vind om sake van ewigheidswaarde in hul lewe te prioritiseer en vas te staan in die geloof met hul oë op Jesus Christus.
Ook beskikbaar in Engels onder die titel Conversations with God
Oor die outeur
Angus Buchan het die roeping ervaar om die evangelie te verkondig, en in 1980 stig hy Shalom Ministries in Suid-Afrika. Hy skryf, neem TV-boodskappe op en reis om die woord van God aan mense wêreldwyd te bring. Hy is voltyds evangelis en ’n gewilde spreker. Angus en sy vrou, Jill, bly op die plaas Shalom in die KwaZulu-Natalse Middelland.
Gebruikersresensies