Geloof Vir 'n Tyd Soos Hierdie (Sagteband)

deur: Johan Smit

R99.96

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

“ʼn Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood.” So verduidelik Jakobus 2:26 die kern van dié boek. Jakobus maak seker gelowiges wéét: Jou geloof is nie iets op papier of bloot ’n stel reëls nie. Dit lewe in jou en laat jou lewe.

 

Johan Smit skets in Geloof vir ’n tyd soos hierdie vir die hedendaagse leser ’n prentjie van wie Jakobus was en hoe hy die Joodse Christene, wat in die tradisie van die Ou Testament groot­geword het, teen wettiesheid en vormgodsdiens wou waarsku. Die Bybelstudie fokus in 18 dele op temas soos beproewing en blydskap, woorde en dade, ver­soekings en die vrug van wysheid.

 

Die besprekingsvrae en deurlopende nadink-vraag wat elke hoofstuk afsluit, maak die Bybel­studie ideaal vir individue en kleingroepe. Die volle­dige Bybelteks van Jakobus is ook ingesluit.