Geloof In 'N Tyd Soos Hierdie (Sagteband)

deur: Jan Du Rand

R199.00

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

’n Bevestiging van basiese geloofswaarhede, en hoop en bemoediging om geloof doelgerig uit te leef.

Aardverwarming en natuurrampe. Geweldsmisdaad. Politieke onsekerheid en korrupsie. Armoede en werkloosheid. Is God regtig nog in al hierdie dinge? Kan ons ten spyte van al hierdie dinge nog in God glo?

In Geloof in ’n tyd soos hierdie nooi Jan du Rand die vuisvoos, bekommerde en teleurgestelde mens om weer by die begin te begin: om verseker te word God is wie die Bybel sê Hy is, en dat Hy tot aan die einde van tyd ten volle in beheer is van sy skepping.

Jan du Rand bevestig basiese geloofswaarhede, en bied bemoediging om geloof doelgerig uit te leef. Hy bied hoop vir donker dae. Want deur te leef wat ons glo, ervaar ons lewensvervulling en bereik God sy doel in ons lewe – ongeag hoe die wêreld lyk.

 

Oor Die Outeurs

Jan du Rand is nasionaal en internasionaal bekend as Nuwe-Testamentiese vakspesialis op die gebied van die Johannese geskrifte, veral Openbaring, asook Bybelse eskatologie. Hy het al verskeie toekennings ontvang, onder andere die Andrew Murray-prys meer as een keer, die Pieter van Drimmelen-medalje van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en die Eeufeesmedalje vir Teologie van die Universiteit van die Vrystaat. Hy is professor-emeritus in Nuwe Testament van die Universiteit van Johannesburg en ook buitengewone professor in Nuwe Testament aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom.