Geheime Van Gister - n Evie Blackwell-Ondersoek (Sagteband)

deur: Dee Henderson

R249.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Die ondersoek na die verdwyning van ’n speurder en sy gesin lei tot ’n verrassende ontdekking.

 

Evie Blackwell geniet haar werk in die Illinois-staatpolisiediens. Sy is ’n bekwame speurder en werk haar pad stadig boontoe. Sy sal graag haar trouman wil ont­moet, maar kan haar nie voorstel hoe ’n huwelik gaan werk nie, gegewe die eise wat haar werk stel.

Buiteblad binnekort beskikbaar Gabriel Thane het in Carin County grootgeword en sy pa as polisiehoof opgevolg. Gabe is daaraan toegewy om die reg te handhaaf en die inwoners van sy dorp veilig te hou. Hy sal ook graag ’n lewensmaat wil ontmoet en ʼn huwelik wil hê soos sy ouers s’n.

Evie daag in Carin, Illinois, op om aanvoorwerk te doen vir ’n taakspan wat gaan fokus op ou onopgeloste sake in die staat. Sy moet nou saamwerk met Gabe se depar­tement aan ’n klompie kommerwekkende sake oor vermiste persone. Terwyl sy ou bewysstukke bestudeer op soek na nuwe leidrade, maak sy ʼn verrassende ontdekking. Evie besef dadelik Gabriel Thane en sy familie is op die een of ander manier die sleutel tot die antwoorde waarna sy soek.

Geheime van gister is die opwindende nuwe spannings­verhaal uit die pen van Dee Henderson.

 

Oor die outeur

Dee Henderson is die outeur van ver­skeie topverkopers, waaronder die hoog aangeskrewe O’Malley-reeks. As ’n toon­aangewende skry­wer van inspi­rerende romantiese spanningsverhale is haar boe­ke al vir verskeie toekennings benoem en met toekennings bekroon, onder andere die Rita Award, die ECPA Gold Medal­lion, die Holt Medallion, die National Reader’s Choice Award en die Golden Quill. Dee woon in Illinois. Besoek deehenderson.com.