Gebede Vir 'n Geseende Huwelik (Sagteband)

deur: Tony Evans

R139.00

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Elke huwelik kom soms voor uitdagings te staan. Hoe huweliksmaats hierdie uitdagings hanteer, sal bepaal hoe gelukkig en geseënd hulle huwelik sal wees.

In Gebede vir ’n geseënde huwelik gee Tony Evans ’n versameling kragtige gebede wat 15 van die ver­naamste kwessies aanroer waarmee huweliksmaats te doen kry. Dit is kwessies soos kommunikasie, konflik, beskerming, geestelike groei en genesing. Vir elke onderwerp is daar gebede gebaseer op elke deel van die wapenrusting van Efesiërs 6. Huweliksmaat kan hierdie gebede woord vir woord bid, dit parafraseer of as beginpunt gebruik vir hulle eie gebede.

Gebede vir ’n geseënde huwelik sal huweliksmaats lei om elke aspek van hulle huwelik aan God op te dra en Christus in hul huis en huwelik laat triomfeer.

Oor die skrywer

Tony Evans is stigter en senior leraar van Oak Cliff Bible Fellowship in Dallas, VSA, stigter en voorsitter van The Urban Alternative, kapelaan vir die basketbalspan die Dallas Mavericks, asook ’n bekende outeur. Sy radioprogram, The Alternative with Dr. Tony Evans, word oor meer as 1 200 Amerikaanse radiostasies uitgesaai en in meer as 130 lande.