Gebede Vir My Dogter (Kaartjies)(Boksstel)

deur: Rob Teigen & Joanna Teigen
R90.00
Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

88 kragtige gebede wat ouers vir hul dogter kan bid.

 

Een van die belangrikste geestelike verantwoordelikhede wat ouers het, is om vir hulle kinders te bid.

Gebede vir my dogter bied vir ouers 88 gebede wat hulle vir hulle dogter kan bid. Hierdie kort maar kragtige gebede op 44 kaartjies sal ouers lei namate hulle vir elke behoefte van hulle dogter bid, of dit nou vir haar verlossing, geestelike beskerming, dissipline of vreugde is.

 

Ook beskikbaar in Engels onder titel Prayers for My Daughter – Boxed Cards.

 

Oor die Outeurs

Rob en Joanna Teigen is al vir meer as 20 jaar getroud en is die ouers van twee seuns en drie dogters. Hulle is die outeurs van 101 gebede vir my seun en 101 gebede vir my dogter. Rob en Joanna hou van tuisonderrig, om nuwe plekke te ontdek en om saam met hulle kinders te lag. Hulle bly in West Michigan, VSA.