Die Grootste Geskenk (Sagteband)

deur: Susanna Foth Aughtmon

R149.96

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Belê nou al in jou verhouding met jou ongebore baba deur vir hom of haar te bid en jou liefde te deel.

Kinders is God se kosbare geskenk aan ouers. Swangerskap is ’n tyd vir feesviering, ontdekking en om te leer om iemand lief te hê wat jy nog nie ken nie.

In Die grootste geskenk leer ouers om nou al in hulle verhouding met hulle ongebore baba te belê deur vir hom of haar te bid en die Goeie Nuus met hom of haar te deel van hoe geliefd hy of sy al klaar is. Die Bybelverse, gebede en inspirerende gedagtes in hierdie boek sal ma’s se geloof versterk terwyl hulle hierdie kosbare seisoen deurgaan en opgewonde wag vir hulle grootste geskenk.

Wanneer ’n nuwe lewetjie in jou groei, is dit die perfekte tyd om nader te kom aan die Een wat jou die liefste het.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Expectant Blessings.

Oor die outeur

Susanna Foth Aughtmon is die ma van Jack, Will en Addison en is getroud met Scott, hoofleraar van Pathway Church in Redwood City, Kalifornië. Hulle plant al vir nege jaar kerke. Susanna het tydens hul bediening al die aanbiddingspan gelei, in die kinderbediening gewerk en soms selfs as skoonmaker ingespring. Lees gerus haar blogs by http://tiredsupergirl.blogspot.com.