Paul Hudson was vasbeslote om sy kerk op te bou, maar teen watter prys?
Toe Paul Hudson aanvaar het om leraar van ’n sukkelende kerk te word, het hy nie geweet wat om te verwag nie. Hy het gehoop hy kan God behaag met sy planne en harde werk.
Dit het Paul nie lank geneem om Centerville Christelike Kerk reg te ruk nie. Die bywoning het toegeneem en die kinderprogram se bywoning was die beste in jare. Alles het goed gegaan. As sy vrou dit maar net wou sien. Tog het hy nie toegelaat dat haar swye hom steur nie …
Soos sy geesdrif en ambisie groei, vergeet hy van die Een wat hom geroep het. Terwyl Paul en dié om hom probeer onderskei wat dit beteken om werklik hulle geloof uit te leef, moet hulle kies tussen die wil van mense en dié van God.
In en die Ramshoring het geblaas lees ons van die verskillende maniere waarop mense dink God met hulle praat asook hulle reaksies daarop.
Gebruikersresensies