Ek Glo (Sagteband)

deur: Randy Frazee

R149.96

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Hoe moet jy dink, optree en lewe om soos Jesus te wees?

Of jy al Die Storie gelees het of nou nuut begin met Ek glo, hierdie boek sal die groot waarhede van die Bybel op ’n duidelike en toeganklike manier aan jou bekendmaak.

Randy Frazee is die hoofredakteur van hierdie merkwaardige boek. Ek glo neem jou op ’n reis om in jou geloof, aksies en karakter meer soos Jesus te word. Die 30 hoofstukke in die boek is in drie oorhoofse temas verdeel:

                    10 sleutelgeloofsbelydenisse van die Christelike geloof

                    10 sleutelgewoontes van ’n volgeling van Jesus

                    10 sleuteldeugde wat kenmerkend is van iemand wat meer soos Jesus begin word

Elke hoofstuk bevat teks uit die Bybel Nuwe Lewende Vertaling met teksverwysings om jou te help om die tematiese storie van die Bybel te leef. Die besprekingsvrae waarmee die boek afgerond word, is ideaal om hierdie reis saam met ander gelowiges te onderneem.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel NIV Believe

Oor die Outeur

Randy Frazee is die senior leraar by Oak Hills Church in San Antonio, Texas. Hy het gegradueer aan die Dallas Theological Seminary. Randy is die skrywer van The Heart of The Story, The Connecting Church, Making Room for Life, The Christian Life Profile Assessment en Renovation of the Heart Student Edition. Randy en sy vrou, Rozanne, het vier kinders en een kleindogter.