Die Wederkoms (Sagteband)

deur: Stephan Joubert

R79.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Datum-mania! Almal wonder, spekuleer en maak som­­­­me: Wanneer gaan die wêreld se bestaan kort­geknip word?

 

Stephan Joubert bekyk in Die wederkoms hier­die onderwerp van­uit ’n Bybelse perspektief. Hy be­­spreek in hier­die boek veelbesproke temas soos: “Is 21 Desem­ber 2012 die einde?”; “Kan jy die tekens van die tyd regtig reg lees?”; “Die antichris”; en “Lees God se Woord reg, dan verstaan jy die eindtyd reg”.

 

Te midde van die onsekerhede en vrae los Stephan Joubert die leser in Die wederkoms met die bood­skap dat die Bybel met goeie nuus eindig. God wen! Hy bring uiteindelik ’n splinternuwe wêreld eens en vir altyd tot stand. Daaroor hoef niemand te twyfel nie.