Die Storie-Veldtog


Die Storie is ’n beknopte, chronologiese weergawe van die Bybel. Dit vertel die groot storie van God, van die begin in Genesis tot aan die einde in Openbaring. Dit bied woord-vir-woord uittreksels uit die Skrif sodat jy die hele prentjie kan kry van hoe God deur die geskiedenis gewerk het. Dit is ook só saamgestel dat dit soos ’n storie lees; alle versnommers en hoofstuknommers is uitgehaal en die teks is in paragrawe gerangskik sodat jy teen die einde van die boek God se hele storie sal verstaan.

Kenmerke

-  31 hoofstukke met uittreksels uit die NLV Bybel, chronologies gerangskik
-  Tydlyne
-  Kaarte
-  Besprekingsvrae
-  Kort beskrywing van al die belangrikste karakters
-  Teksregister vir elke tema
-  Flip-ikone in die tiener-uitgawe

 

Om u te help om DIE STORIE suksesvol in u gemeente te gebruik, gee ons graag vir u die volgende hulpmiddels wat gratis afgelaai kan word:

-  Werk deur DIE STORIE in 31 weke/16 weke
    - how mini-series keep people engaged for 31 weeks
    - how to do the story in 16 weeks

-  Raamwerk/Riglyne vir preke
    - sermon outlines

-  Illustrasies ter ondersteuning van preke
    - sermon features

-  Teksverwysings
    - Teksverwysings

-  Boodskappe oor DIE STORIE om uit te stuur in ’n nuusbrief
    - articles from pastor to church

-  Templaat van Powerpoint-aanbieding
    - powerpoint blank slides