Die Sakpas-Bybel Met Oordenkings Vir Jong Mans (Linne)

deur: Johan Smith

R249.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

366 temas ondersteun deur teksverse en ’n  unieke kerngedagte om gelowige jong mans te bemoedig.

 Die Sakpas-Bybel-reeks is bedoel vir almal, ongeag waar jy jou in jou geloofreis bevind. Dit roer onder­werpe aan wat alle gelowiges raak, van versekering van ver­lossing tot ’n geesdriftige lewe vir God.

Elk van die 366 temas word ondersteun met verskeie teksverse en ’n unieke kerngedagte. Die Sakpas-Bybel-reeks bestaan uit vier uitgawes spesiaal vir mans, vroue, meisies en jong mans. Die kerngedagtes is ge­skryf deur Stephan Joubert (mans), Norma Rossouw (vroue) en Johan Smith (meisies en seuns). Agter in die Bybel is daar ook ’n tematiese indeks ingesluit wat dit maklik maak om temas soos aanvaarding, besluitne­ming, geloof en doel op te spoor.

Die Sakpas-Bybel is die ideale Bybel vir enige om­standighede, of jy nou reis of dit op jou bedtafeltjie hou, en vir elke lewensseisoen.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel The Pocket Bible Devotional for Guys

Oor die outeur

Johan Smith is ’n skrywer, prediker en spreker. Hy besoek landswyd skole en kerke om ’n wye spek­trum van mense te bedien, soos jeug, ouers, gesinne, mans en vroue. Sy nuutgestigte niewins­gewende maatskappy, VitaAmp (www.vitaamp.org), fokus op bediening aan die jeug, onder­wysers, skool­hoofde, predikante, ouers en gewone lidmate. Moreletapark Gemeente is Johan se tuis­gemeente.