Die Reunie (5 Vernuwing-Reeks)(Sagteband)

deur: Karen Kingsbury & Gary Smalley

R109.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

’n Skokkende diagnose en ʼn jare lange geheim sal ’n familie se lewens vir altyd verander.

In hierdie laaste boek in die Vernuwing-reeks maak die Baxter-gesin gereed vir ’n familie-reünie. Die volwasse Baxter-kinders het almal rede om fees te vier – behalwe een ... Maar voor hulle kan feesvier, word die familie deur ’n ernstige diagnose geskok.

In Die reünie dwing die realiteit van die toekoms elkeen van die Baxters tot geloof en eerlikheid. Selfs Elizabeth en John worstel met ’n geheim wat hulle nog nooit aan enigiemand geopenbaar het nie, ’n geheim wat hulle selde aan hulself erken. Terselfdertyd is daar ’n jong man wat sy opgang maak in Hollywood terwyl hy wonder oor sy plek in die lewe.

Te midde van diepe droefheid vier die Baxters saam fees in Die reünie. Hulle besef dat liefde altyd oorwin en dat God selfs in die donkerste nag in beheer is.

Oor  die outeurs

Karen Kingsbury, New York Times-topverkoper-outeur, is een van Amerika se gunsteling inspirerende fiksie-skry­wers. Daar is meer as 25 miljoen ek­semplare van haar bekroonde boeke in druk. Haar laaste 12 boeke het almal die nommereen-posisie op top­verkoper­­-lyste bereik en baie van haar boeke word verwerk in flieks vir die klein- en groot­skerm. Karen is ’n assistent-professor in skryfkuns aan die Liberty University. Sy woon in Tennessee saam met haar man, Don. Hulle het een dogter en vyf seuns, waarvan drie uit Haïti aangeneem is.

Gary Smalley (1940-2016) was ’n ge­sins­berader en stigter en president van die Smalley Relationship Center. Hy was een van Amerika se bekende sprekers en skrywers oor familiever­houdings