Die Pad Terug Huis Toe (Sagteband)

deur: Lynn Austin

R255.00

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Twee vroue soek na antwoorde op vrae uit hulle verlede, maar sal hulle gereed wees vir die ontdekking wat hulle maak.

Ná die verbreking van haar verlowing met die welgestelde William ontvlug Anna na die Ottawa-hotel in Holland, Michigan. Sy het soveel vrae oor haar nuwe geloof, maar word ook voortdurend geteister deur ’n nagmerrie. Derk vander Veen, ’n vakansiewerker wat beplan om ’n leraar te word, beur haar op met sy innemende geaardheid.

Op versoek van haar seun begin Geesje de Jonge deur haar herinneringe sif oor haar reis vanaf Nederland na die dorpie Holland langs die Michiganmeer. Terwyl sy haar verhaal vir die dorpie se halfeeufeesviering skryf, word dit ’n persoonlike reis waarin sy haar stryd, verwyte, terugslae en vreugdes herleef. Derk word meegevoer deur haar storie en sien terselfdertyd die ooreenkomste tussen Geesje en Anna waarna hy ’n ontmoeting tussen dié twee reël.

Verlede en hede ontmoet, maar nie Anna of Geesje verwag die antwoorde wat onthul gaan word in Die pad terug huis toe nie.

Oor die outeur

Lynn Austin is al verskeie kere bekroon met die Christy Award vir haar historiese romans. Sy is ook ’n gewilde spreker by konferensies en seminare. Lynn en haar man woon in Michigan. Hulle het drie kinders en ook kleinkinders. Besoek haar webwerf by www.lynnaustin.org.