Die Mooiste Storiebybel (Sagteband)

deur: Diane Stortz

R199.94

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

’n Storiebybel wat dogtertjies sal wys hoe wonderlik God se liefde is.

Hondjies en katjies. Blomme en hartjies. Soentjies en drukkies. Die mooie wêreld van ’n klein dogtertjie! God wil hê sy moet weet Hy het hierdie wêreld, vol van Sy liefde, vir haar gegee.

Die mooiste Storiebybel sluit 40 spesiale Bybelstories in wat jou dogtertjie sal wys hoe lief God vir haar en Sy ander kinders is.

’n Kosbare gedagte om oor te dink (’n samevattende sinnetjie) en Kosbare woorde (maklike Bybelverse) om te memoriseer word by elke storie bygewerk om God se Woord met jou dogtertjie se lewe te verbind.

Die 20 Ou-Testamentiese stories en 20 Nuwe-Testamentiese stories in Die mooiste Storiebybel sal jou dogtertjie help om te sien hoe wonderlik God se liefde vir haar en al Sy ander kinders werklik is.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel The Sweetest Story Bible

Oor die Outeur

Diane Stortz skryf vir kinders en volwassenes. Sy het al meer as 50 boeke vir jong kinders geskryf wat rympie-boeke, kartonboekies en opvoedkundige woord- en tel-boekies insluit. Diane en haar man woon in Cincinnati, Ohio, en het twee getroude dogters. Diane geniet dit om te gaan stap, in die tuin te werk en by haar vier kleinseuns te kuier.