Die Krygsman (2 Manne Van Geloof-Reeks)(Sagteband)

deur: Francine Rivers

R69.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Die verhaal van Kaleb; ’n man wat getrou die roeping van God geleef het.

 

Die Krygsman vertel die verhaal van Kaleb, ’n man van durf en daad wat harte aangevuur het. ’n Man van aksie wie se dapperheid lewens gered het. ’n Man van geloof wie se passie hom na God gedryf het.

Josua het Moses opgevolg as die volk se leier, maar dit was Kaleb se geesdrif wat hulle geloof tot aksie laat oorgaan het. In hierdie boek gee Francine Rivers se aangrypende skryfstyl en boeiende vertel­ling lewe aan Kaleb; die man wat getrou God se roeping vervul het, selfs al was dit in die skadu van ’n groter leier.

Kaleb was getrou aan God se roepstem sonder dat hy enige roem of eer verwerf het. Hy het alles ge­gee in dié wete dat hy eers in die ewigheid sy belo­ning sal ontvang. Hierdie verhaal van ’n getroue man van God sal elke leser opnuut inspireer.

 

Francine Rivers skryf al vir meer as 30 jaar. Van 1976 tot 1985 het sy vir die sekulêre mark geskryf en verskeie toekennings ontvang. Nadat sy in 1986 tot bekering gekom het, het sy haar eerste Christelike boek geskryf. Sedertdien het sy al verskeie toe­ken­nings ontvang, onder andere ’n ECPA Gold Medallion en die voortreflike Romance Writers of America Rita Award.