Die Krag Van Gebed Wanneer Jy Vrees (Sagteband)

deur: Stormie Omartian

R229.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Vrees het deesdae wêreldwyd ’n houvas op mense. Dit steel jou lewensvreugde, veroorsaak stres en keer dat jy dié dinge doen wat jy moet doen.

Jy kán egter vry wees van verwoestende vrees! Rig net jou hart en gedagtes op die vertroostende waarhede en beloftes van God, en leer hoe om kragtig te bid.  In Die krag van gebed wanneer jy vrees wys Stormie Omartian jou hoe om vrees deur gebed te beveg. Sy bied raad oor hoe om onder andere die volgende vrese te oorkom:

  • Vrees vir verwerping
  • Vrees vir lyding
  • Vrees vir die dood
  • Vrees vir verlies
  • Vrees vir die toekoms  

Namate jy op die Here se krag vertrou om jou vrees te oorwin, sal jy begin onderskei tussen die vrees wat God nie wil hê ons moet hê nie, en die vrees wat Hy wíl hê ons moet ervaar. Leer hoe om te bid en aanspraak te maak op die krag, liefde en emosionele gesondheid wat God vir jou wil gee.