Die Groot Geloofskommentaar (eBoek Epub).

deur: Adrio Konig

R209.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Bybelkommentare is lankal nie meer net vir predi­kan­te nie! Gewone gelowiges wat voel hulle Bybel­lees het in ’n groef beland, sal juig oor Die Groot Geloofskommentaar van Adrio König.

     Hierdie kommentaar is anders in dié sin dat dit groot geloofsake as geheel in elke Evangelie en Han­delinge behandel. Adrio König ondersoek ’n wye ver­skeiden­heid geloofs­temas soos dit in dié Bybelboeke voor­kom.

Lesers sal onder andere lees oor:

  • Die gesamentlike boodskap van die Evangelies
  • Ooreenkomste tussen die Evangelies
  • Vervulling van profesieë
  • Die doderyk en die hel
  • Die verhouding tussen Jesus en die Vader
  • Die mens as beeld van God
  • Die lyding van Jesus
  • Die doop
  • Die Septuagint
  • Hemel, hemelvaart en wêreldbeeld

Die Groot Geloofskommentaar ondersoek geloofsinligting op elke groot geloofstema en die on­der­werp­register vergemaklik naslaan. Hierdie kom­men­taar is vir elke ge­lowige wat die Evange­lies en Hande­linge met insig wil lees.

Nog boeke deur hierdie outeur: