Die Geillustreerde Kinderbybel Met CD (Hardeband)

deur: Janice Emmerson

R249.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

’n Luister-en-lees Bybelstorieboek met CD's vir klein hartjies.

 

Is jy op soek na die ideale eerste Bybelstorieboek vir jou kind? Dan is Die geïllustreerde Kinderbybel met sy prag­tige prentjies, Bybelstories en CD's die ideale boek vir jou.

Dié versameling van 130 van die mooiste en bekendste Bybel­stories word afgerond met opwin­dende illustrasies wat selfs jong kinders se ver­beelding en hart sal aangryp. Hierdie boek word verder gekomplementeer met twee CD's waarop stories uit die boek in Engels voorgelees word. Klein kinders sal dit dus geniet om na die kleurvolle illustrasies te kyk terwyl die storie vir hulle voorgelees word, terwyl ouer kinders dit sal geniet om die stories self te lees. Dit help kinders só om hulle tweetaligheid te ontwikkel.

Die geïllustreerde Kinderbybel sluit van die mees geliefde stories uit die Ou en Nuwe Testa­ment in, soos Jesus se geboorte, Noag se ark, Dawid en Goliat en soveel meer! Dit is die ideale geskenk en sal vir seker lank gekoester word.

 

Ook beskikbaar in Engels onder die titel The Illustrated Children's Bible.

 

Oor die outeur

 

Janice Emmerson is die outeur van baie suksesvolle boeke insluitend The Complete Illustrated Children's Bible,The Jesus Bible for Kids en The Illustrated Bible for Little Ones. Aangesien sy grootgeword het in ʼn familie wat al vir meer as 50 jaar betrokke is by die publikasie van Bybels en kommentare, het sy ’n inherente kennis en begrip van die evangelie wat duidelik is in haar inspirerende en melodieuse skryfstyl. Janice bly in Bath, Engeland, saam met haar man en vier kinders.