Die Geheimenisse Van God (Sagteband)

deur: Andrew Murray

R229.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Ontsluit die geheimenisse van God in 366 inspirerende dagstukke.

Nuwe buiteblad Wil jy hê jou stiltetyd saam met God moet intiem, kragtig en verfrissend wees? Ken jy die grootste ge­heimenis van God?

In Die geheimenisse van God deel wyle Andrew Murray sy persoonlike openbaring wat hy ontvang het deur tyd saam met God deur te bring. In 366 dag­stukke, wat byna ’n eeu gelede reeds geskryf is, deel Murray geestelike oordenkings vanuit die Ou en die Nuwe Testament.

Die agt geheimenisse wat dié klassieke werk bloot­lê, sluit onder andere in:

·         Die geheim van voorbidding

·         Die geheim van saambid

·         Die geheim van die kruis

·         Die geheim van inspirasie

·         Die geheim van aanbidding

Met Die geheimenisse van God sal jy ontdek dat die grootste geheim hierin lê: om elke dag tyd te maak saam met God sodat jy die krag en die blydskap van die Heilige Gees ten volle kan ervaar.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel God’s Best Secret.

Oor die outeur

Andrew Murray (1828-1917) was die seun van sendelinge en was leraar by verskeie gemeentes in die Kaap. Hy het gereeld as spreker opgetree by die Keswick- en Northfieldkonferensies, en by evangeliese byeen­komste in die VSA, Kanada en Brittanje.