Maak jou oë oop vir die onsienlike wêreld rondom ons.
Elke mens het deel aan twee wêrelde: die fisiese wêreld waarvan jy jou met jou sintuie kan vergewis, en die geesteswêreld waarvan ’n mens nie langs fisiese kanale insig kan kry nie. Die feit dat sommige mense die bestaan van hierdie geesteswêreld ontken, beteken beslis nie dat dit nie bestaan nie of dat ons nie deel is daarvan nie.
In Die geesteswêreld werp Isak Burger lig op hierdie onsienlike wêreld rondom ons. Hy fokus op veral vyf hoofdele:
- Die realiteit van die geesteswêreld
- God en die geesteswêreld
- Die engele
- Satan en sy demone
- Die gelowige en die geesteswêreld
Isak Burger wys vir gelowiges in hierdie boek daarop dat dit noodsaaklik is om kennis te neem van die geesteswêreld en wat daarin gebeur, want dit raak ons elkeen.
Oor die outeur
Isak Burger is die president van die AGS. Hy tree dikwels op as spreker en is die outeur of mede-outeur van verskeie boeke en artikels. Hy is een van die stigterslede van Christelike Televisie in Suid-Afrika en dien reeds vir jare as direkteur van Radiokansel en CNW. Hy is ook lid van die National Religious Leaders Forum wat gereeld samesprekings met die president en van sy ministers voer. Isak is getroud met Heletia en hulle het ’n seun en twee dogters. Hulle woon in Silverlakes.
Gebruikersresensies