Die Dapper Kameelperdjie (1 Die Avonture Van Audrey Amaka)(Sagteband)

deur: Brent Vernon

R49.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Kom saam met Audrey en haar blink blou hoëhakskoene op 'n fantastiese avontuur!

Mnr. en mev. Amaka het groot drome gehad vir hulle babatjie wat op pad was. Maar toe klein Audrey sonder ’n nek gebore word, verander hulle droom in ’n nagmerrie. ’n Kameelperd sonder ’n nek? Hoe kan dit wees?

Audrey se maatjies Nelson en Doudie help die klein kameelperdjie om te ontdek dat dit nie saak maak hoe lank jou nek is of hoe jy lyk nie; dit maak saak hoe jou hartjie lyk.

Kom saam met Audrey en haar blink blou hoëhakskoene op hierdie fantastiese avontuur in Die dapper kameelperdjie, die eerste boek in Die avonture van Audrey Amaka-reeks. Die boekie sluit ook af met interessante diere-feite wat aansluit by die storie asook versteekte elemente om in die boek te soek.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel The Curious Little Giraffe

Oor die Outeur

Brent Vernon is ’n musikant en buikspreker. Hy skryf en illustreer ook kinderboeke en is al amper twee dekades in die musiek- en poppekas-industrie. Met 130 tot 140 optredes per jaar het Brent die wonderlike vermoë ontwikkel om kinders van enige ouderdomsgroep se verbeelding aan te gryp. Brent gryp elke geleentheid met passie aan, en laat sy boodskappe lewe deur musiek en stories.