Die Bybel In 366 Dae Vir Mans Met Flappe (Sagteband Met Flappe)

deur: Stephan Joubert

R179.96

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Word daagliks versterk en toegerus vir ’n lewe saam met God.

Mans is daagliks baie besig tussen hulle gesin, beroep en vriende. Iewers tussenin wil hulle graag tyd saam met die Here ook bestee.

Die Bybel in 366 dae vir mans is ideaal vir besige mans. Dit is ’n wonderlike geleentheid om in ’n jaar die essensie van die Skrif deur te lees met ’n oordenking deur gewilde outeur Stephan Joubert.

Teksgedeeltes kom uit die Nuwe Lewende Vertaling en is met sorg uitgekies sodat die kern van die Skrif weergegee word en elke dag se gedeelte ’n sentrale boodskap het.

Die Bybel in 366 dae vir mans sal mans help om te midde van baie druk steeds by die Vader uit te kom en daarmee saam ook die Bybel opnuut te ontdek. Dié boek sal mans daagliks versterk en toerus vir ’n lewe saam met God.

Oor die skrywer

Stephan Joubert is ’n spreker, prediker, leierskapkonsultant en skrywer. In 2010 is een van sy boeke, Jesus – ’n radikale sprong, bekroon met die Andrew Murray-prys. Stephan is buitengewone professor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat, ’n navorsingsgenoot in Teologie aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, en is ook redakteur van ’n groot e-kerk op die internet. Hy is getroud met Marietjie en het twee dogters, Tarien en Elani.

Nog boeke deur hierdie outeur: