Die Heel Beste JY (Sagteband)

deur: Dirkie Van Der Spuy & Ander

R170.00

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Praktiese, wetenskaplike en Skrifgefundeerde riglyne om gesond en gelukkig te wees na liggaam, siel en gees.

Die mens is meesterlik aanmekaargesit – liggaam, siel en gees. Maar as een van hierdie aspekte skade ly, beïnvloed dit ’n mens se hele wese.

     Die heel beste jy! bespreek hierdie drie aspekte in drie afdelings, naamlik: 1. ’n gesonde liggaam, 2. ’n gesonde sielsdimensie en 3. ’n gesonde geestelike lewe.

     In afdeling 1 bespreek Esther van der Spuy die nuutste navorsing oor onder andere eetversteurings, emosionele eet, verslawing, slaap en oefening. Sy kyk na moontlike oorsake en gevolge sowel as moontlike oplossings en stappe vir volhoubare besluitneming en heelwording.

     Dalena Vogel belig in afdeling 2 die effek, gevolge en genesing van emosionele seerkry kundig sodat ’n mens jouself kan monitor en wyse besluite kan neem om gesond te word.

     Dirkie van der Spuy moedig lesers in afdeling 3 aan om stappe te neem om geestelik te groei en deel te word van ’n gesonde geestelike liggaam waarin die Heilige Gees woon.

     Hierdie is ’n alles-in-een-handleiding wat ’n mens inspireer om die heel beste jy te word.

 

Oor Die Outeurs

Dr Esther van der Spuy is ’n geregistreerde dieetkundige. Sy studeer BSc Dieetkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy voltooi haar PhD aan die Universiteit van Pretoria waar sy ook verbonde was as lektor in Voeding en Voedseldiensbestuur vir 22 jaar. Haar navorsingsbelangstelling is in eetversteurings, obesiteit en die voorkoming van leefstylsiektes. Sy bied steeds lesings en kursusse aan.

     Dr Dalena Vogel is ’n geregistreerde sielkundige. Sy het haar aanvanklik bekwaam as maatskaplike werkster en by korrektiewe dienste gewerk. Sy verwerf nagraadse kwalifikasies en werk as skoolsielkundige en as mede-professor by die Departement van Sielkundige Opvoedkunde, Unisa. Haar navorsing fokus grootliks op destruktiewe gedrag, eetversteurings en emosionele probleme by kinders. Sy is in privaat praktyk.

     Dirkie van der Spuy is sedert 1974 in voltydse bediening as predikant. Hy is tans Assessor van die Algemene Sinode van die NG Kerk en moderator van die Oostelike Sinode. Hy is die skrywer van verskeie boeke en behartig ’n gereelde weeklikse TV-program op TBN Africa en Kruiskyk.