Die Begenadigdes (Sagteband)

deur: Francine Rivers

R249.94

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Die vroue in Jesus se geslags­­re­gister was dapper, het ri­si­ko’s ge­neem en die on­ver­wagte gedoen. Hul­le was nie per­fek nie, en tog het God hul­le in sy won­derlike plan gebruik om die Verlosser van die wê­reld voort te bring.

     Ons leef in moeilike tye en soek antwoorde op mil­joene vrae. Die lesse wat ons by hierdie vroue kan leer, is vandag net so toepaslik as in die tyd toe hulle geleef het.

     Die verhale van die vyf vroue in die ge­slags­­re­gis­ter van Jesus is nou in een boek be­skikbaar. Tamar was ’n vrou van hoop. Ragab een van geloof. Rut was die vrou van liefde en Batseba het ongeëwe­naar­de genade ontvang. En dan is daar Maria, die vrou van gehoor­saam­heid. Met die lees van hulle verhale sal jy beter begrip kry vir God se plan met die wêreld en tot die besef kom dat hierdie plan ook vir jóú insluit.