Delila (Sagteband)

deur: Angela Hunt

R249.94

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

’n Komplekse en aangrypende verhaal oor een van die gevaarlikste vroue in die Bybel – Delila.

 

Die lewe in Filistea is nie maklik nie, veral nie vir ’n vrou wat op haar eie moet oorleef nie. Wanneer die beeldskone maar diep seergemaakte Delila op straat moet probeer oorleef, neem sy haar voor om wraak te neem op al die mans in haar lewe wat haar misbruik het. Sy besluit sy sal die struikelblokke in haar lewe oorwin en rykdom en oorwinning vir haar toe-eien.

Buiteblad binnekort beskikbaar Dan ontmoet sy vir Simson – en voel dadelik aan dat sy haar oorwinning deur hóm gaan behaal. Deur die Hebreeuse held te verlei, en te verraai, wen sy vir haar ’n bietjie status in haar gemeenskap. Sy is immers beeldskoon, beminlik en slim. Geen man, nie eens ’n bonatuurlike sterk man, is bestand teen haar sjarme nie.

Delila, die verleidelike skoonheid is ’n komplekse en aan­grypende verhaal van een van die gevaarlikste vroue in die Bybel.

 

Oor die outeur

Angela Hunt is die New York Times-topverkoper-outeur van meer as 125 boeke. Haar boeke het haar verskeie pryse besorg waaronder die Christy Award, verskeie Angel Awards en Gold en Silver Medallions van die tydskrif Foreword se Book of the Year-toekenning. Sy het in 2008 haar doktorsgraad in Bybelse studies voltooi en in 2015 haar Th.D. Angela en haar man woon in Florida. Besoek www.angelahuntbooks.com.