Daniel - 'n Bybelstudie (Sagteband)

deur: Brian Fisher & Other

R99.96

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

8 studies oor die geloofsreus Daniël en hoe God gewone mense vir sy koninkrykswerk gebruik.

 

Daniël het God se krag ervaar soos min mense in die geskiedenis dit ooit sou ervaar. Sy storie – een van genoeg durf en moed om leeus te trotseer – openbaar wat dit beteken om ’n man van God te wees.

In Daniël – ’n Bybelstudie ontdek die leser in 8 studies hoe om waarlik uit te staan as iemand wat sonder huiwe­ring of kompromie jou geloof uitleef. Daniël se verhaal wys lesers hoe hulle hulle integriteit kan behou en geestelike veldslae kan wen.

Gelowiges sal in dié Bybelstudie ontdek hoe God dood­gewone mense, soos Daniël en sy vriende, tot reuse vir sy koninkryk verander.

Daniël – ’n Bybelstudie bevat Bybelteks vir maklike naslaan, besprekingsvrae vir individue of kleingroepe en ’n leiersgids.

 

Oor die outeurs

 

Brian Fisher is die senior leraar by Grace Bible Church. Dit is ’n multi-kampus-kerk wat meer as 4 000 mense bedien. Hy het ’n meestersgraad en ’n doktoraat van die Dallas Theological Seminary.

Matt Morton is die studenteleraar by Grace Bible Church se Anderson-kampus. Matt het aan die Dallas Theological Seminary en Texas A&M University studeer.

Blake Jennings is leraar by die Grace Bible Church se Southwood-kampus. Hy het aan die Dallas Theological Seminary en Texas A&M University studeer.