Vrae en Antwoorde

 

  1. Manuskripvoorleggings: Watter stappe word gevolg om 'n manuskrip vir moontlike publikasie voor te lê?
  2. Aanhalings uit boeke: Wat is die prosedure om toestemming te kry om dele uit 'n boek aan te haal?
  3. Hoeveel teksverse mag ek uit die Nuwe Lewende Vertaling aanhaal sonder om toestemming te vra?
  4. Kan ek as individu boeke direk by Christelike Uitgewersmaatskappy bestel?
  5. Hoe gaan ek as handelaar te werk om produkte te bestel?

 




1.      Manuskripvoorleggings: Watter stappe word gevolg om 'n manuskrip vir moontlike publikasie voor te lê?

  • Wanneer u 'n manuskrip aan CUM wil voorlê vir moontlike publikasie, moet u 'n uitdrukstuk van die manuskrip aan ons stuur. Geen manuskrip wat per e-pos of op disket ontvang word, sal vir keuring oorweeg word nie.
  • Ons stel geen vereistes ten opsigte van die formaat van die manuskrip, die lettertipe en -grootte nie; die teks moet net maklik leesbaar wees.
  • Die manuskrip word aan 'n keurpaneel voorgelê wat bepaal of dit voldoen aan die uitgewery se publikasiebehoeftes en -vereistes.
  • As gevolg van die groot hoeveelheid manuskripte wat ons deurlopend ontvang, kan ons ongelukkig nie indiepte-terugvoer of leiding aan voornemende skrywers verskaf nie.
  • Sluit asseblief die volgende inligting by u manuskrip in:
  • Kontaknommer, adres en e-posadres.
  • Verkorte CV.
  • 'n Kort opsomming van ongeveer 300 woorde van die inhoud van u manuskrip.
  • Afgekeurde  manuskripte word nie teruggestuur nie. Indien u wel die manuskrip terug wil ontvang, moet ’n gefrankeerde koevert met voldoende posseëls by u manuskrip ingesluit word. Manuskripte wat nie teruggestuur word nie, sal binne een maand nadat die afkeurbrief gestuur is, vernietig word.
  • Ons sal onmiddellik ontvangs van u manuskrip erken en u binne 3 maande in kennis stel of dit aanvaar is vir publikasie.
  • Stuur die manuskrip aan:
    Die Publikasiebestuurder
    Christelike Uitgewersmaatskappy
    Posbus 1599
    Vereeniging
    1930

>> terug na vrae


 

2.    Aanhalings uit boeke: Wat is die prosedure om toestemming te kry om dele uit 'n boek aan te haal? 

Geen gedeelte van enige van Christelike Uitgewersmaatskappy se pu­bli­kasies mag gereproduseer word op enige manier, meganies of elektronies, insluitende laserskyf- of bandopnames of fotokopiëring, sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer nie, behalwe redelike aanhalings vir navorsing- en resensiedoeleindes.

Rig 'n brief aan:

Die Publikasiebestuurder
Christelike Uitgewersmaatskappy
Posbus 1599
Vereeniging
1930

Of stuur 'n e-pos na: manuskripte@cum.co.za


>> terug na vrae


 

3. Hoeveel teksverse mag ek uit die Nuwe Lewende Vertaling aanhaal sonder om toestemming te vra?

Teks uit die Nuwe Lewende Vertaling mag aangehaal word in enige vorm (skriftelik, oudiovisueel of elektronies) tot 'n maksimum van 1 000 verse sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer, op voorwaarde dat die aangehaalde verse nie meer as 25% van die werk uitmaak waarin dit aangehaal word nie, en op voorwaarde dat 'n hele Bybelboek nie aangehaal word nie.

Wanneer uit die Nuwe Lewende Vertaling aangehaal word, moet die volgende erkenning gegee word op die kopieregbladsy of die titelbladsy van die werk:

Skrifaanhalings gemerk NLV is geneem uit die Nuwe Lewende Vertaling © 2006. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930.

Aanhalings van meer as 1 000 verse of meer as 25% van die werk, of enige ander aansoeke om toestemming, moet skriftelik gerig word aan:

Die Uitgewer
Christelike Uitgewersmaatskappy
Posbus 1599
Vereeniging 1930

>> terug na vrae


 

4. Kan ek as individu boeke direk by Christelike Uitgewersmaatskappy bestel?

Geen individu kan produkte direk by Christelike Uitgewersmaatskappy bestel nie. Ons produkte is beskikbaar by CUM-boeke en alle toonaangewende boekwinkels. Indien u in ons produkte belangstel, kan u enige van CUM-Boeke se takke landwyd besoek.

  • Alberton City - Alberton
    Tel: 011 907 1520
  • Canal Walk - Kaapstad
    Tel: 021 555 3190
  • CapeGate - Brackenfell
    Tel: 021 981 5181
  • Centurion-sentrum - Pretoria
    Tel: 012 663 5081
  • Clearwater Mall - Roodeport
    Tel: 011 675 6916
  • Cresta-sentrum - Johannesburg
    Tel: 011 476 4233
  • Diamond Pavilion - Kimberley
    Tel: 053 831 2523
  • East Rand Galleria - Boksburg
    Tel: 011 823 2118
  • East Rand Mall - Boksburg
    Tel: 011 826 5060
  • Festival Mall - Kempton Park
    Tel: 011 394 7386
  • Garden Route Mall - George
    Tel: 044 887 0329
  • Gateway Theatre of Shopping - Umhlanga
    Tel: 031 566 4777
  • Greenstone Shopping Mall - Johannesburg
    Tel: 011 452 1507
  • Hemingways - Oos-Londen
    Tel: 043 721 1322
  • Highveld Mall - Witbank
    Tel: 013 692 4765
  • Hillcrest-sentrum - Pretoria
    Tel: 012 362 6488
  • Key West-sentrum - Krugersdorp
    Tel: 011 273 1310
  • Kolonnade - Montanapark
    Tel: 012 548 1683
  • Menlyn Park - Pretoria
    Tel: 012 368 1950
  • Menlyn Retail Park - Pretoria
    Tel: 012 361 6943
  • Mimosa Mall - Bloemfontein
    Tel: 051 444 6251
  • Mooirivier Mall - Potchefstroom
    Tel: 018 294 7401
  • N1 City Mall - Kaapstad
    Tel: 021 595 1699
  • Northgate-sentrum - Johannesburg
    Tel: 011 794 8625
  • Paarl Mall - Paarl
    Tel: 021 863 4104
  • Pavilion - Durban
    Tel: 031 265 0881
  • Pietermaritzburg (Bible Centre)
    Tel: 033 342 2333
  • Riverside Mall - Nelspruit
    Tel: 013 757 0250
  • River Square - Vereeniging
    Tel: 016 423 5306
  • Shelly-sentrum - Shelly Beach
    Tel: 039 315 7597
  • Somerset Mall - Somerset-Wes
    Tel: 021 852 5534
  • The Bridge at Greenacres - Port Elizabeth
    Tel: 041 363 1880
  • The Square - Boksburg
    Tel: 011 823 5777
  • Tygervallei-sentrum - Kaapstad
    Tel: 021 914 1724
  • Vaal Mall - Vanderbijlpark
    Tel: 016 931 2085
  • Walmerpark - Port Elizabeth
    Tel: 041 368 6860
  • Waterfall Mall - Rustenburg
    Tel: 014 537 3021
  • Westgate-sentrum - Roodepoort
    Tel: 011 768 0050
  • Woodlands Boulevard - Pretoria
    Tel: 012 997 2080
  • Midlands Mall - Pietermaritzburg
    Tel: 033 342 0470

Ander maniere waarop u produkte kan bestel:
Skakel 0860 110 321
Stuur 'n e-pos nacum@cum.co.za
Besoek die webwerf www.cumboeke.co.za

>> terug na vrae


 

5. Hoe gaan ek as handelaar te werk om produkte te bestel?

Indien u 'n handelaar is wat belangstel om enige van ons produkte te verkoop, kan u onder KONTAK ONS na NUWE KLIëNTE gaan en daar al die nodige inligting kry oor hoe u te werk kan gaan om ons produkte te bestel.

>> terug na vrae

 


 

 

Banner Ad
© Kopiereg 2010 CUM Uitgewers. Alle regte voorbehou. Ontwikkel deur iGroup