Persverklaring - Elsje Neethling
Aangaande onlangse aantygings rakende Ek Droom van ‘n Droom se tantieme
As uitgewer is ons verbaas oor Elsje Neethling se uitlatings in sosiale media aangesien ons geen onlangse
kommunikasie of enige navrae van haar gehad het nie. Ons het haar gister skriftelik uitgenooi tot ‘n telefoniese
gesprek, maar sy het laat weet dat sy nie beskikbaar is daarvoor nie. Aangesien sy ons nie meer toelaat om vriende
te wees met haar op haar Facebook nie, is al die aantygings tans eensydig, en kan ons nie op hierdie stadium
deelneem aan die gesprek nie. Alle tantieme-betalings is reeds aan haar en haar medeskrywer, Maretha Maartens,
gemaak vir die verkope van EK DROOM VAN ‘N DROOM wat in September 2012 verskyn het. Die boek is sedert
Oktober 2014 uit druk en nie herdruk nie omdat die verkope skerp afgeneem het, en ‘n groot aantal boeke uitverkoop
moes word. Elsje en Maretha het al die regmatige tantieme ontvang van CUM Uitgewers op alle verkope, ook op die
enkele boeke wat nog beskikaar is in boekwinkels. Ons sal ons state met vrymoedigheid beskikbaar stel vir ’n
oudit. Ons nooi Elsje Neethling weereens vriendelik uit om met ons in gesprek te tree.
Regarding recent allegations about Ek Droom van ‘n Droom royalties
As publisher we are very surprised by Elsje Neethling’s comments on Facebook because she has not
contacted us, or sent us any queries in almost two years. We sent her a written request for a telephonic
conversation yesterday, but she declined it. Since she has unfriended us on Facebook, unjustified
allegations are being made and we’re unable to join the conversation. All royalty payments on the sales
of EK DROOM VAN ‘N DROOM since its release in September 2012 have been made to Elsje Neethling
and co-author Maretha Maartens. The book has been out of print since October 2014. It has not been
reprinted because sales have slowed down considerably. Elsje and Maretha have received all the
royalties due to them on all sales, including the few books that are still available in the trade. We are
prepared to make the statements available for an audit. We again kindly invite Elsje Neethling
to engage with us in a conversation to discuss the matter.
Christelike Uitgewersmaatskappy Bestuurspan
Vir enige navrae kontak: pr@cumbooks.co.za