Persverklaring - Om Dogters groot te maak

 

crown

PERSVERKLARING

 

’N STORIE WAT JOU LEWE SAL VERANDER

Vereeniging, Suid-Afrika (6 Januarie 2012). Christelike Uitgewersmaatskappy skop die jaar op ‘n hoogtepunt af met die vrystelling van ’n unieke publikasie, Die Storie.

Die Storie is spesiaal uitgesoekte uittreksels uit die Nuwe Lewende Vertaling met kort oorgange. Vir die eerste keer ooit word die Woord chronologies aangebied as een aaneenlopende verhaal oor 31 hoofstukke. Die Storie se mees uitstaande eienskap is dat dit soos ’n roman lees. Dit is ’n totaal unieke benadering om die essensie van die Bybel vas te vang.

Die Storie is ontwerp om deelname van mense uit alle vlakke van die samelewing aan te moedig, en is ideaal vir gewone mense én Skrif-kenners. “Ek het ontdek almal wil kan sê hulle het al die Bybel deurgelees, en dat almal die kernwaarhede, die belangrikste leringe in die Bybel wil ontdek,” sê Max Lucado.

Met boeke vir volwassenes, tieners, kinders en kleuters, sowel as DVD’s gerig op volwassenes en kinders is Die Storie meer as net ’n produk; dit is ’n veldtog wat daarop gemik is om die verstaan van die Bybel te verbeter en geestelike groei aan te moedig. Soos Derek Stemen, senior leraar van Ohio City United Methodist Church, sê: “Die veldtog se hulpmiddels is ’n wonderlike bonus. Dit het ons gemeente werklik gehelp om ’n verenigde fokus te hê.”

Die belang van hierdie veldtog lê in die wye verskeidenheid produkte wat daar in die reeks beskikbaar is. Dit is juis die potensiaal wat daar in Die Storie lê om ’n impak te maak op ’n groot hoeveelheid lesers oor alle ouderdomme heen, wat dit so ’n effektiewe hulpmiddel maak om die groot storie van die Bybel te openbaar. Die Storie sal vir lesers ’n nuwe begrip gee van God se liefde vir ons en ons voortdurende begeerte om Hom te volg.

Die Storie-veldtog skop in Februarie 2012 af by Christelike Uitgewersmaatskappy se verkoopskonferensies in Pretoria, Durban en Kaapstad. Daar sal in Februarie ook spesiale bekendstellings gehou word vir kerkleiers en leraars.

Die Storie is ook beskikbaar in Engels onder die titel The Story.

logo

Terug na Perverklarings