Persverklaring - Om Dogters groot te maak

 

CUM Uitgewersmaatskappy logo


om dogters groot te maak

OM DOGTERS GROOT TE MAAK
Dr. James Dobson

Beskikbaar: Augustus 2010


Christelike Uitgewersmaatskappy/R129,95
Sagteband/ISBN: 978-1-77000-927-1
Beskikbaar: Augustus 2010

 

Christelike Uitgewersmaatskappy bied aan die lang verwagte meeloper tot die topverkoper-boek Om seuns groot te maak (waarvan meer as 25 000 eksemplare verkoope is), dr James Dobson se splinternuwe ouerskapsboek – Om dogters groot te maak.

Gebaseer op die nuutste navorsing en geskryf in dr. Dobson se natuurlike, gemaklike gesprekstyl sal Om dogters groot te maak ouers help om al die uitdagings te trotseer wat daarmee gepaardgaan om dogters groot te maak wat sterk en emosioneel gesond is en hope selfvertroue het om uit te blink in die lewe.

Groepsdruk. Eetsteurnisse. Besluite oor liefde, romanse en seks. Akademiese eise. Lewensdoelwitte en hoe om dit te bereik. Dit is maar enkele van die uitdagings waarvoor dogters vandag te staan kom – en hulle word op ’n al jonger ouderdom daarmee gekonfronteer.

Hoe rig ouers hulle dogters se lewensreis na vrouwees? Bemagtig hulle hulle dogters om wyse besluite te neem? Of sy nog met haar poppe speel of midde-in die woeste tienerjare bevind, is sy werklik seker dat sy as dogter geliefd is en waardeer word?

Om dogters groot te maak bied wysheid en bemoediging gebaseer op ’n vaste fondament van Bybelse beginsels. Dr. Dobson pak vrae en onderwerpe soos die volgende aan:

  • Dogters in gevaar: Vandag se klein dogtertjies word uitgelok om gou groot te word en kom te staan voor uitdagings waarvoor hulle nog glad nie gereed is nie.
  • Hoekom sy is wie sy is: Daar is meer aan dogters as net vroulikheid. Ouers moet verstaan wat dit beteken om ’n vrou te wees – neurologies, hormonaal en emosioneel.
  • Dogters en hulle ma’s: Niks is belangriker as die verhouding tussen ’n dogter en haar ma nie. Die ideaal is dat ’n ma altyd beskikbaar is vir haar kinders, maar in vandag se samelewing is dinge nie meer so eenvoudig nie. Daar is enkelma’s en werkende ma’s.
  • Hoekoms pa’s saak maak: Daar is in die vroulike siel ’n plekkie gereserveer vir Pa of ’n pafiguur, wat altyd sal smag na bevestiging. Bykans elke dogter verlang na ’n hegte band met die belangrikste man in haar lewe.
  • Puberteit en adolessensie: Ontwikkelingsveranderinge kan vir ’n dogter wat nie vertel is wat met haar liggaam gebeur nie, baie skrikwekkend wees. Omdat dit alles so oorweldigend is, kan sy haar doodbekommer oor seer borste (Het ek dalk kanker?), menstruasie (Bloei ek my dood?) en ander vrese wat te doen het met fisieke veranderinge.
  • Boelies, maats en beste vriende: Skool is ’n mynveld waardeur dogters elke dag loop. ’n Bom kan enige oomblik onder hulle afgaan. Hierdie onseker wêreld waarin kinders leef, het ’n baie groot uitwerking op hulle en beïnvloed die vroue wat hulle eendag sal word.

Om dogters groot te maak: Prakriese raad en bemoediging vir diegene wat help bou aan die volgende generasie vroue.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Bringing Up Girls.

Terug na Perverklarings