Wanneer Jy Verwerp Voel (Sagteband)

deur: Lysa Terkeurst

R139.94

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Sewe Bybelstudies om mense se stukkies afskeep liefde te ruil vir God se volkome liefde.

 Ons voel so maklik uitgesluit en verwerp deur ander, maar wanneer ons besef dat God ons onvoorwaardelik en volkome liefhet, sal ons nie smeek vir ander se stukkies afskeep liefde nie.

In Wanneer jy verwerp voel se sewe Bybelstudies wil Lysa TerKeurst jou lei om situasies te identifiseer wat jou uitgesluit en verwerp laat voel en hoe om dit om te keer in situasies waar jy vanuit God se vrede en liefde leef.

Verruil jou lewe van onsekerheid en pyn vir die volkome vrede en liefde wat ’n verhouding met God jou bied. Hierdie Bybelstudie is geskik vir groepstudie. Daar is ook ses dae se persoonlike studies om tussen die groepstudies te doen. Die Bybelstudie is gebaseer op Lysa se boek Uninvited.

Oor die outeur

Lysa TerKeurst is die New York Times-topverkoperouteur van The Best Yes. Sy is voorsitter van Proverbs 31 Ministries en skryf op haar taai plaaskombuistafel in Noord-Carolina. Lysa is ma van vyf wonderlike kinders. Besoek haar webwerf www.LysaTerKeurst.com.