God Se Wil Vir Jou Lewe (Sagteband)

deur: Stephan Joubert

R139.94

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

31 studies om te ontdek hoe om nou al te weet wat God se wil is.

 

“Moet ek eers wag tot ek dood is voordat ek God se wil verstaan?” So begin Stephan Joubert sy boek God se wil vir jou lewe.

Op sy unieke manier doen Stephan Joubert ’n diepgaande ondersoek na hierdie vraag om vas te stel hoe ons nou al God se wil kan ken. Die boek is verdeel in twee dele:

·         Deel 1 is 9 hoofstukke waarin Stephan onder andere kyk na die misterie van God se wil, Jesus as die gesig van God se wil, reëls oor God se wil en vensters op God se wil.

·         Deel 2 is 31 Bybelstudies, vir individue of groepe, wat die verskillende fasette van God se wil bekyk waaronder: Verander God se wil my in ’n robot?, Mag ek vrae vra oor God se wil? en vele meer. 

God se wil vir jou lewe wys dat God se wil vir ons duidelik in die Bybel gegee word en dat ons dus nie tot ons dood hoef te wag om dit te verstaan nie. Dit is moontlik om elke dag in blydskap en volkome binne God se wil te leef.

 

Oor die outeur

Stephan Joubert is ’n spreker, prediker, leierskapkonsultant en skrywer. In 2010 is een van sy boeke, Jesus – ’n radikale sprong, bekroon met die Andrew Murray-prys. Stephan is buitengewone professor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat en Noordwes-Universiteit, ’n navorsingsgenoot in Teologie aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, redakteur van ’n groot e-kerk op die internet, en deeltydse leraar.