Om Jesus Te Volg (Sagteband)

deur: Stephan Joubert & Johan Smith

R99.96

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Elke gelowige is vanaf die oomblik van bekering ’n dissipel. Maar hoe leef ʼn mens dit prakties uit?

 

In Om Jesus te volg gee Stephan Joubert en Johan Smith praktiese riglyne oor ware dissipel­skap. Die 12 studies, vir individuele of groepstudie, bespreek temas soos:

 

  • Wat dissipelskap is
  • Wat dit vir gelowiges beteken om dissipels te wees
  • Leefreëls vir dissipels
  • God gebruik gewone mense
  • Dissipels dien, dissipels doen!

 

Bybelse karakters uit die Ou en Nuwe Testament soos Barnabas, Paulus, Moses en Gideon word as voorbeelde gebruik om te sien hoe hulle hul dissipel­skap prakties uitgeleef het.

 

Om Jesus te volg wys elke gelowige hoe om ’n na­volgenswaardige voorbeeld te wees in die wêreld.