Bybelstories Vir Klein Hartjies (Sagteband)

deur: Samestelling

R155.00

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

’n Interaktiewe Bybelstorieboek wat 3- tot 6-jariges bekendstel aan 30 bekende Bybelstories.

In Bybelstories vir klein hartjies word van die bekendste Bybelstories vir kleuters oorvertel.

Elkeen van die 30 Bybelstories word deur ’n klein diertjie vertel wat kleingoed se verbeelding sal aangryp. Die interaktiewe stories met kort sinne, maklike woorde en vrae en opdragte is ideaal vir kinders tussen 3 en 6 jaar. Terwyl die kleurvolle en prettige illustrasies nie net pragtig en Bybelsakkuraat is nie, maar ook propvol klein besonderhede vir jong lesers om te ontdek.

Bybelstories vir klein hartjies is ’n wonderlike hulpmiddel vir ouers om hulle kleingoed aan God se Woord bekend te stel.