Die Wapenrusting Van God (Sagteband)

deur: Priscilla Shirer

R179.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

’n 7-week-aksieplan om oorwinning te behaal in die geestelike stryd.

Daar woed elke dag, die hele dag lank, ’n onsigbare oorlog om vroue. Dit kan nie gesien of gehoor word nie, maar dit kan in elke aspek van ’n mens se lewe gevoel word. ’n Toegewyde, bose vyand wil chaos veroorsaak in alles wat vir ’n vrou saak maak: haar hart, gedagtes, huwelik, kinders, verhoudings, drome en toekoms. Maar sy oorlogsplan behels dat hy haar onverhoeds en ongewapen moet vang.

In die Bybelstudie Die wapenrusting van God, deur New York Times-topverkoperouteur en motiveringspreker Priscilla Shirer, word vroue met behulp van Skrifstudie en besprekingsvrae toegerus met die wapenrusting van God, waarvan gebed die belangrikste is.

Die wapenrusting van God is meer as net ’n Bybelse beskrywing van ’n gelowige se wapenrusting; dit is ’n 7-week-aksieplan om oorwinning te behaal in die geestelike stryd.

 Ook beskikbaar in Engels onder die titel Armor of God

Oor die outeur

Priscilla Shirer is ’n spreker met ’n meestersgraad van die Dallas Theological Seminary. Sy is ook ’n gewilde outeur en die skrywer van Die standvastige vrou, een van die boeke wat saam met die fliek Courageous verskyn het. Priscilla is getroud met Jerry. Sy en Jerry is die stigters van Going Beyond Ministries. Priscilla staan tans voltyds in vrouebediening. Priscilla het haar filmdebuut in War Room gemaak.