'n Ontdekkingsreis Deur Die Bybel - Vir Kinders (Sagteband)

deur: Dave Strehler

R129.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

’n Prettige en leersame reis deur die Bybel vir kinders.

 

Dave Strehler bied met ’n Ontdekkingsreis deur die Bybel – vir kinders ’n Bybelhandboek spesiaal vir die jongklomp.

Dié boek sal kinders help om sin te maak van die By­bel deur vir hulle praktiese, lekker en interessante manie­re te wys om dinge oor die Bybel te leer.

’n Ontdekkingsreis deur die Bybel – vir kinders lei kinders deur die Bybel deur die volgende opwin­dende bywerkings:

·       antwoorde op die algemeenste vrae wat hulle het oor gebeure en karakters in die Bybel

·       interessante feite om hulle te stimuleer en hulle belangstelling te wek

·       visuele voorstellings van wat hulle lees om hulle te help verstaan en onthou

·       hedendaagse toepassings van sekere Bybelse kon­septe en tradisies

·       woordverklarings

·       vrae met Bybelse verwysings vir antwoorde om hulle insig te verryk

 

Ook beskikbaar in Engels onder die title The Bible Made Easy – for Kids.

 

Oor die outeur

 

Dave Strehler is al vir langer as 20 jaar betrokke by die onderrig van kinders. Hy is tans be­trokke by die Eastside Community Church in Pretoria. Hy is passievol daaroor om kinders en jongmense te help om die Bybel te verstaan en hulle te leer om dit te geniet om Bybel te lees. Hy volg ’n praktiese benadering wanneer hy skryf oor kwessies rakende die Christelike lewe.