Soek En Vind Bybelstories (Kartonboek)

deur: B A Jones

R189.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

6 Bybelstories bied ure se opvoedkundige pret met vrae, voorwerpe wat gesoek moet word en ’n apie wat opgespoor moet word.

 

In Soek-en-vind-Bybelstories ontdek en leer kinders meer oor 6 belangrike stories uit die Ou en Nuwe Testament. Wat ’n wonderlike manier om klein hartjies bekend te stel aan die Skepping, Noag se ark, Simson, Jesus in die tempel, Jesus gee vir 5 000 mense kos en Jesus het opgestaan!

     Om meer opvoedkundige waarde aan die boek te gee, moet kinders ook vrae beantwoord, uitwerk hoe besonderhede by mekaar pas, na voorwerpe soek, verskille in prentjies soek en die apie opspoor. Die kleurvolle illustrasies is ’n plesier om na te kyk en daag hulle visuele waarneming uit.

     Al hierdie aktiwiteite in ’n spesiale uitvou-formaat sal kinders tussen 3 en 6 jaar vir ure vermaak terwyl hulle leer.

 

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Search and Find Bible Stories

 

Oor die illustreerder

Gill Guile is ’n illustreerder en outeur van kinderboeke. Sy is lief vir skilder en om kinderboeke te skep. Sy het illustrasies gedoen vir meer as 400 titels.