Die Storiebybel Vir Kinders (Kartonboekie)

deur: Johan & Nina Smit

R149.96

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Knap skryfwerk en klassieke illustrasies wat ouer én kind se verbeelding sal aangryp.

Johan en Nina Smit se wonderlike keuse van 14 stories uit die Ou Testament en 12 stories uit die Nuwe Testament sal die essensie van die Bybel vir kinders vasvang in hierdie kartonboekie met sy dra-handvatsel.

Die Storiebybel vir kinders se eiesoortige illustrasies, maklik leesbare teks, Bybelvers vir elke storie en Skrifverwysings sal dit ’n geliefde storieboek maak. Die teks is van so aard dat klein kinders dit maklik sal verstaan, maar ouer kinders sal ook nie verveeld raak met die storie nie.

Die Storiebybel vir kinders bied Bybelse waarhede deur ’n kombinasie van knap skryfwerk en klassieke illustrasies wat ouer én kind se verbeelding sal aangryp en Bybellees onvergeetlik sal maak.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel The Storybible for kids

Oor die Outeurs

Johan en Nina Smit het gesamentlik al byna 300 boeke oor ’n verskeidenheid onderwerpe gepubliseer. Hulle woon in Somerset-Wes, en het 3 kinders en ook kleinkinders.