Panda En Sy Wollerige Maats (Kartonboekie)

deur: Samestelling

R119.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

’n Vat-en-voel-Bybelstorieboek stel kleuters bekend aan die storie van die skepping.

Ervaar die wonderlike wêreld van die skepping saam met Panda en sy vriende. Nuuskierige klein vingertjies sal dit geniet om die teksture van die verskillende diere in die skepping te ontdek.

Die kleurvolle illustrasies tesame met die wollerige stukkies stel peuters bekend aan verskillende diere terwyl die stories hulle meer vertel van God se skepping.

Panda en sy wollerige maats is ideaal om peuters se tassintuig te help ontwikkel.

Ook beskikbaar in Engels onder titel Panda and His Furry Friends