Wie Is Jesus Regtig (Hardeband)

deur: Nancy Taylor & Phil Ryken

R179.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

60 vrae en antwoorde wat jou help om Jesus beter te ken.

 

Sommige van die belangrikste vrae wat enigeen kan vra, gaan oor Jesus: Wie is Jesus? Hoe weet ons dat Hy regtig bestaan? Hoekom noem mense Hom Christus? Is Hy werklik die Seun van God? Waarom het Hy aan die kruis gesterf en het Hy werklik uit die dood opgestaan? Die antwoorde op hierdie vrae help ons om Jesus beter te verstaan.

     Wie is Jesus regtig? is spesifiek geskryf vir mense wat nog nie lank gelowiges is nie, maar dit kan ook geweldig baie beteken vir enige iemand wat nuuskierig is oor Jesus en Hom beter wil leer ken.

     Die 60 vrae oor Jesus word in 3 afdelings bespreek:

·         Vrae oor wie Jesus is, soos Hoe weet ons Jesus bestaan regtig? Hoekom het Jesus as babatjie aarde toe gekom? Het Jesus geweet wat die toekoms vir Hom inhou?

·         Vrae oor wat Jesus gedoen en geleer het, soos Watter geloof het Jesus aangehang? As Jesus self God is, hoekom het Hy tot God gebid? Waar was Jesus die drie dae tussen sy dood en sy opstanding?

·         Vrae oor watter verskil Jesus in my lewe kan maak, soos Hoe kan Jesus my vandag help? Wanneer gaan Jesus terugkom? Wat moet ek oor Jesus glo om ʼn Christen te wees?

Wie is Jesus regtig? sal jou help om Jesus op ’n dieper vlak te leer ken.

 

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Knowing Jesus.

 

Oor die outeurs

Nancy Taylor is ʼn vryskut-skrywer en redakteur wat al aan honderde boeke vir verskeie uitgewers gewerk het. Sy het aan Wheaton College gegradueer met ’n graad in Engels en Christelike onderwys.

 

Philip Ryken is tans die president van Wheaton College. Hy was tot 2010 seniorleraar van Philadelphia se Tenth Presbyterian Church. Dr. Ryken het aan Wheaton College, Westminster Theological Seminary en Oxford University gegradueer. Hy het al meer as 40 Bybelkommentare en ander Christelike boeke gepubliseer. Hy dien ook op die raad van die Lausanne Movement en die National Association of Evangelicals.