So Seker As Wat Die Dag Breek (3 Merk Van Die Leeu-Reeks)(Sagteband)

deur: Francine Rivers

R189.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

So seker as wat die dag breek is die derde boek in die Merk van die leeu-reeks. Net soos die vorige twee boeke in die reeks, ’n Stem in die wind en ’n Eggo in die duisternis, neem hierdie boek die leser terug na antieke Rome en die vroeë jare van die Christelike kerk.

 

So seker as wat die dag breek vertel die ver­haal van Atretes en Rispa, die weduwee wat A­tretes se seun uit sy verhouding met Julia versorg; ’n seun wat Atretes vir lank geglo het dood is. Hulle lewe en optrede open ons oë vir die vernietigende krag van woede, maar ook die wonderlike krag van vergifnis.

 

Dit is ’n verhaal vol waarheid en hoop en dit dra die boodskap van God se onvoorwaarlike liefde. Hier­die is Christelike fiksie op sy beste.