Tragedie en genesing. Seerkry en vergifnis. En onvergeetlike lesse oor die krag van herinneringe.
Ashley Baxter het haar hart gesluit vir liefde omdat sy oortuig is niemand, insluitende God, kan haar liefhê nie. Vier onwaarskynlike mense – Alzheimer-pasiënte – dring onbewustelik tot haar deur en help haar om te onthou.
Dan gebeur die tragedie van 11 September, wat elkeen in die Baxter-familie se lewe vir ewig verander. Hulle word gelei om die belangrike dinge in die lewe te onthou en besluite te neem wat hartverskeurend en hoopvol is.
Landon Blake het Ashley al van sy tienerjare af lief. Ná die aanvalle van 11 September probeer hy die pyn van haar verwerping verlig deur te help met die reddings- en opruimingspogings in New York.
Om te onthou is die tweede boek in die baie gewilde Vernuwing-reeks.
Oor die outeurs
Karen Kingsbury, New York Times-topverkoper-outeur, is een van Amerika se gunsteling inspirerende fiksie-skrywers. Daar is meer as 25 miljoen eksemplare van haar bekroonde boeke in druk. Haar laaste 12 boeke het almal die nommereen-posisie op topverkoper-lyste bereik en baie van haar boeke word verwerk in flieks vir die klein- en grootskerm. Karen is ’n assistent-professor in skryfkuns aan die Liberty University. Sy woon in Tennessee saam met haar man, Don. Hulle het een dogter en vyf seuns, waarvan drie uit Haïti aangeneem is.
Gary Smalley (1940-2016) was ’n gesinsberader en stigter en president van die Smalley Relationship Center. Hy was een van Amerika se bekende sprekers en skrywers oor familieverhoudings
Gebruikersresensies