Die Meisie Met Die Viool (1 Hickory Hollow-Reeks)(Sagteband)

deur: Beverly Lewis

R169.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

In Die meisie met die viool is Amelia “Amy” Devries, ’n 24-jarige violis, ontnugter deur die eise van die lewe en haar veeleisende loopbaan as violis.

 

’n Verkeerde afdraai in ’n reënstorm lei haar tot by Michael Hostetler en dié jong Amish-man se sjarmante gemeenskap in Hickory Hollow.

 

Ten spyte van hul uiteenlopende agtergronde, voel beide Amelia en Michael oorweldig deur ander se verwagtinge en sukkel om hul eie hoop en drome na te streef.

 

Wat eers lyk soos ’n toevallige ontmoeting verander dalk hul lewens vir altyd.

 

Die meisie met die viool is die eerste boek in Beverly Lewis se Hickory Hollow-reeks.