Die Kind Van Versoening (Sagteband)

deur: Francine Rivers

R169.95

Koop
  • Hierdie Boek is Beskikbaar in eBoek Formaat

Dynah Carey was ’n gelukkige jong vrou: verloof aan ’n wonderlike man, haar ouers se oogappel en ’n ge­troue kind van God. Toe, in één afgryslike, vrees­wek­ken­de oomblik, gebeur die ondenkbare, die onver­geef­­like, die ergste wat met enige vrou kan gebeur ... en Dynah se per­fekte lewe spat aan skerwe. Haar toe­koms word on­herroeplik verander en haar familie word uiteen­ge­ruk. Haar skynbaar rotsvaste geloof word tot die uiterste beproef wanneer sy die moei­lik­ste en be­langrikste keuse van haar lewe moet maak.

 

Met ’n meesleurende skryf­trant skep Francine Rivers ’n spannende, boeiende ver­haal wat vir die leser al­gaande ’n werklikheid word. Die kind van versoening gee ’n nuwe per­spektief op een van die mees om­strede onderwerpe van ons tyd. Die leser word saam­gevoer op ’n on­stuimige golf van ’n onder­vinding wat denkwyses verander en elkeen noop om standpunt in te neem oor die wonder van die lewe.